Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

daar is gekastreerde horisonne wat my uitsig versper
om gedeeltelik na ongedwonge duiseligheid te gryp
net om halfpad staande te bly
ek ruik ’n rot

ontvoer my na die tonnels
van ’n gedaante wat onrustig in my gewete fluister
ek benoem niksheid as ’n halwe waarheid wat my laat
steier en al rammelend teen die klippe
verbrysel

ek het iemand nodig
want gisternag se slaaploosheid is die soveelste spyker
deur my pols; my oë wat sterf en
die klopgeluide van hoofpyn as ’n nuwe
uitkoms vir die opkomende son se galgtou
voorberei


© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
'n Mondvol! I laaik!!
6 jaar 3 maande 2 dae 7 ure oud


die weervoorpelling
die is n beter vers T.
Goed gepen.
6 jaar 3 maande 2 dae 19 ure oud


Met die spore
Sjoe, hier le 'n baie diep boodskap verskuil, beslis 'n gedig van nabetragting, baie goed :)
6 jaar 3 maande 3 dae 1 uur oud


spore
Uitsonderlike beskrywings gebruik. Ongelukkigheid en leegheid tog duidelik te bespeur.
6 jaar 3 maande 3 dae 18 ure oud


--
ontvoer my na die tonnels
van ’n gedaante wat onrustig in my gewete fluister [!Treffend!]

Hierdie gedig van jou is !Skitterend! geskryf Tertius.
6 jaar 3 maande 3 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar