Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar’s woorde in ‘n neutedop,
‘n kwajong in die sop!
Geen ogies vir die blindemol
en skote in die kol.

Daar’s ‘n gefladder in die hoenderhok
in een se wiel ‘n stok.
Slange in die gras
en net die klere aan jou bas!

Die bal is aan die rol
en iemand gaan op hol.
Sonder enig’ stoot of slag,
kry elke hond sy dag!

Daar’s ‘n stokkie voor gesteek
‘n lansie voor gebreek.
Die skrif is aan die muur –
is dit haar laaste uur?!

Die aap is uit die mou –
ons gaan harde bene kou.
Die rooitaal praat?
Is dit alreeds te laat?

Kom tog gou-gou tot verhaal,
ons geliefde Moedertaal
en vind regmatig plek,
waar jy vir ons jou tafel dek!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar