Titel: Met jou half onvertroud (roundel)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 68
Kere gelees: 31
Datum gepubliseer: 03 Feb 2012
Met jou half onvertroud dring jou glimlag
deur al die skanse van my self behoud,
omsingel verliefdheid my met groot krag.
Met jou half onvertroud
het jou teenwoordigheid ‘n diepe eenvoud;
jou oë, gesig en lyf oorbluffende prag,
bruis gevoelens intiem en eeue-oud
so half bekend en tog ook onverwag
en ons is beide gevang en ongetroud
maar ek nie teen jou menswees bedag,
met jou half onvertroud.
Lees ander gedigte deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


deur Willie Botes
Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer