Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sien jou, en ek wil jou hê;
wil jou net vir myself hê,
En tog sit ek by die huis met 'n glasie Rosé in my hand.
Jy kom en gaan deur my gedagtes;
deur my lewe,
maar elke keer wat jy gaan,
kom jy ook weer terug.
En ek sit by 'n braai met 'n glasie Grunberger in my hand.
Hierdie keer het jy finaal gegroet...
Die gaan is daar, maar die kom is weg.
En vir my sal jy nooit weer bestaan nie,
en voor mense het jy ook nooit bestaan nie.
Nes ek nie vir jou bestaan nie.
Maar ek sit hier waar ek sit,
met 'n papsak in my hand.
Wyn in my kop.
Wyn in my lyf.
Jou in my hart...
En iewers in my voel ek die onmiskenbare skeur
van 'n hart,
van 'n liefde so skoon en rein...
... en wyn vul die gaping...
My hart het my aan jou uitgelewer.
My broosheid het my vernietig.
Maar nou is ek sterk want
jou nooi is in 'n naartjie
en my kêrel is in 'n glasie wyn...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Puik geskruif...prost!!!! Ek like hierdie een kwaai. Gunstelinge toe..
9 jaar 3 maande 1 week 1 dag 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar