Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Jesus, ek wil my hart met U deel
ek het dit lank reeds aan U gegee
maar elke dag wil ek opnuut, als vir U gee
U hou my gesond en voed my met U liefde

ek wil my gedagtes keer voor die duiwel dit omkeer
my woorde kies, sodat niemand hul vir my vervies
ek wil my hart in reinheid laat klop sodat ek skoon is
wanneer ek by U deur klop

elke dag begin ek met gebed, nederig en intiem
want ek weet in hierdie dag is alle seëninge verniet
Jesus U het reeds U bloed vir my gegiet
my gesond gemaak en hoop gegee

ek wil elke dag opnuut begin
die Nagmaal is vir my bedien
U volg my soos ‘n skaduwee
op alle weë wat ek betree

mag ek nimmer vergeet om U te loof
vir alles wat U my beloof
mag ek wandel soos U van my verwag
terwyl ek vol hoop saam met my medemens loop.

14 Maart 2011



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Met U genade
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
5 jaar 4 maande 3 dae 3 ure oud


Kommentaar
Die sielkundige, Viktor Frankl, skryf dat toe hy tydens WO2 in die Auschwitz-konsentrasiekamp was, hy gesien het hoe gelowiges se geloof hulle gemotiveer het om vorentoe te kyk en deur die haglike omstandighede deur nogsteeds te hoop.

Goed geskryf.
5 jaar 4 maande 1 week 1 uur oud


Genade
Dis is n besonderse werk Bets! Dit gee my trane in my oe.

Pragtig geskryf.
5 jaar 4 maande 1 week 8 ure oud


genade
Bets hierdie is beslis n top werk wat tien goue sterretjies verdien
5 jaar 4 maande 1 week 13 ure oud


Genade
Dis 'n gebed waarmee ek kan assosieer, Bets . . .
5 jaar 4 maande 1 week 13 ure oud


Met U genade het ek gesond geword
Ons Heer se genade hou nimmer op wat oor ons kom neer daal.
5 jaar 4 maande 1 week 14 ure oud


gesond
'n Baie sagte en intieme gebed, Bets:-)
5 jaar 4 maande 1 week 18 ure oud


Gesond
Hierdie is so mooi geskryf. Iets wat mens RAAK. Goeie werk!
5 jaar 4 maande 1 week 19 ure oud


Gesond
Hierdie is 'n baie spesiale gedig, ek gaan hom nou by my favourites sit. Pragtig geskrywe.
5 jaar 4 maande 1 week 20 ure oud


gebed
Mooi geskryf. "U volg my soos ‘n skaduwee
op alle weë wat ek betree." Waarheid.
5 jaar 4 maande 1 week 1 dag 3 ure oud


Gesond geword
'n Diepe intieme gebed hierdie. Om gesond te wees is alles! Ek het ook daardie ondervinding van siek tot die dood gehad (al was dit nie kanker nie) maar ek kan ook getuig ek is gesond die Here het my 'n tweede kans gegee.
5 jaar 4 maande 1 week 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar