Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die hemel dirigeer ‘n simfonie:
oktawe van klank en kleur
komponeer ‘n harmonie
wat eggo – die stilte skeur.

Mineur note stil verweef
kom met die wind aangesweef
oor golwe wat eb en vloed
as maan verdof die songloed

tot als crescendo luid tesaam.

Die metronoom tik tydsaam aan.
Uiteindelik sal ook dít gaan staan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Metronoom (Musiek tema)

Fantasties hoe die hemelruim se simfonie beskryf word.
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 23 ure oud


--
Ek hoor wat die ander sê (Kommentare) maar ek bly 'n gevoel van 'verlate' & 'verwese' kry veral waar die tempo van die gedig afneem (die metronoom) .. stadiger, stadiger totdat dit mettertyd tot stilstand kom.

* Prima Poësie!
6 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud


Dit laat my so dink aan Cohen se Closing Time. Jou konsentrate leef so lekker.
7 jaar 2 dae 2 ure oud


die weervoorspelling
jammer oor die gedwonge rym hier..(dit spoil die vers..):
oor golwe wat eb en vloed
as maan verdof die songloed
>>dalk kan jy aan die deel skaaf...
7 jaar 7 maande 3 weke 1 uur oud


ha vuurvrou
ha ja wat een heerlyk gedig !! baie goed gedoen! ek hou daarvan

graag gelees!!

gr en geniet jou donderdag

enrico
7 jaar 7 maande 3 weke 6 ure oud


Metronoom
'n Keurige stukkie werk! Puik gedoen, Vuurvrou! Jou beskrywings is musiek op die ore.
7 jaar 7 maande 3 weke 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar