Titel: Minute voor middernag
Weergawe: 2
Aantal woorde: 154
Kere gelees: 56
Datum gepubliseer: 11 Nov 2010
Asgrou hang my peplos-kleed
tot waar die soom my loop knoop,
om te stol voor jou en jou woorde
wat bloukweek bed in die loopvlak
van my digtersiel.
Wil ek kniel en bieg dat ek my vloere klei
met basaltsteen,
my waasglas vul met kerslelies wanneer ek
my polse balsem met strofes en verse
wat stroomop stu in jou bloed,
dat ek menigmaal dors en honger
na meer as wat ek moet.
Vannag vang ek die fonkel in jou oog
en laat toe dat jou passie
my brok vir brok breek,
dat jy vir weke maande en jare
steeds my krummelspoor kan eien
op die mosbegroeide paadjies wat
kronkel deur jou woud.
Ek herdenk jou geboorte,
skenk aan jou die waterkom sekel van
die maan
staan stil
voor jou teenswoordige gees.
Dankie vir jou
wat menigmaal deur woorde
my in die halfwegstop van niemandsland
in die windstil laagte van jou palms hou.
© 2010 Almarie Truter
Lees ander gedigte deur ammiemoon
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.