Gedigte

Titel: Mirage.
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kraaie kras op klipgesteente,
sipres waak oor ou gebeente,
skewe windpomp sonder wiel,
verlate bouval sonder siel.

Uitgedroogde stukkend dam,
peperboom se dooie stam,
spatarig die ellendespore
van toegegroeide watervore.

Kraal se mure platgestoot,
lusernlandjie bruin en dood,
granietklip waarop pa gesit het
as hy om reën na bo gebid het.

Dowwe name op die stene
van geliefdes lank verdwene,
gesigte speel hul voor my af
in sipresskadu langs die graf.

Knellend om my bors die klem,
weemoedig in die hart gestem,
draai ek die motor pad toe
en vat die teerstreep stad toe.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
like jou 1ste 2 reels.
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


mirage
PRAGTIG, PRAGTIG, PRAGTIG! Hierdie soort gedigte van jou laat my net eenvoudig wonderlik voel :-)
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


Mirage
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar