Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Klim, klim, klim op in hoogtes soos kinderspeels,
ek verwonder jou krag en uithouvermoë.
Daar is geen huiwering, geen twyfel, geen nood.

Jy weet wat jy wil hê, jy weet wat jy kan bereik.
Jy trek my in my eie siel in en daar is geen uitkoms kans vir my, ook wil ek nie weg van jou af nie.

’n Klank wat brul soos jy vlieg, vloei en voed my in elke aar,
en les my hart net so effens van sy dors.

Van kindsaf het ek jou gehoor en glimlag breed as ek jou sien.
Jou yster vlerke druk diep in my geestesoog in en laat my toe
om dit vir altyd te bewaar.

Ons sal ook nog verbind, die twee van ons.
Jou roep is my arends tong, jou kreun - my lewensdrang.
’n Engel uit silwer en staal is jy en nog altyd ’n wiegie lied,
wanneer ek jou drang aanhoor.

Ons gaan nog vlieg, die twee van ons.
Tyd sal stilstaan en geduldig wag in die oomblik van ontmoeting as ons vereenselwig in die tyd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vlieg
Pure passie onbeskaamd...
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud



Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar