wat groter word met tyd;
of wat sneeubal...koud...rond...gevaarlik...
wat al hoe groter word van verwyt...met tyd.
Miskien is almal net 'n holderstebolder
soos die hamster se wilde speelding
wat rondjaag en nêrens kom...
al glo jy dit in jou verbeelding!
Miskien is die aarde rond van grond
wat elke dag draai en draai;
die wete van spoed altyd teenwoordig
wat eendag skielik gaan stil staan...
en weg waai...
Miskien is die mens maar net van stof,
al het dit grade met lof
en dure Duitse motors opgetof...
dit bly maar net...stof...
Lees ander gedigte deur Nardus van der Vyver
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
En so sal die mensdom terugkeer tot stof en daardie duur Duitse motors en weelde ook in die "stof" moet agterlaat!