Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wie sit alleen en verdwaas hierdie kersfees?
Wie sal vir hulle wat niks het, omgee?
Wie sal uit God’s Woord vir hul lees,
Vir hulle vertel dat Jesus voel mee?

Miskien is daar pyn en seer vandag.
Miskien weet jy nie wat om te verwag.
Miskien is dit Jy wat die boodskap moet bring.
Om ander te lei en vir Jesus te sing.

Dalk is dit Jy wat vreugde gaan bring.
Is dit Jy wat ander oor kerfees laat sing.
Dalk is jou boodskap, wonder groot.
Groot geskenk vanuit God se Woord.

Wees nie bevrees, wees nie alleen.
Jesus ken al jou smarte, Hy is die Een.
Wat weer vreugde en vrede in jou gemoed kan bring.
En jou voor Hom sal laat jubel, sal laat sing.


Johann




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Miskien is.....
Miskien is jy die een.Nee Johann
dit is nie net miskien nie, maar
dit is elkeen se plig. Baie dankie
vir hierdie geestes voedsel waarmee
jy ons kom lawe. Baie welkom hier
by die Woesfamilie,ons is bevoorreg
om iemand soos jy hier te he.Dankie
daarvoor.
14 jaar 1 maand 5 dae 18 ure oud


Die een met wie die gedig nie praat nie het 'n hart van klip! Dis 'n wonderlike gedig en laat my vir 'n oomblik stil staan en dink oor of ek al iets vir iemand minderbevoorreg of iemand wat ek liefhet gedoen het in die kerstyd. Dankie vir die gedig.
14 jaar 1 maand 1 week 4 dae 9 ure oud


Pragtige gedig. Ek hoop daar is nog baie waar hierdie een vandaan kom. Baie welkom op Woes.
14 jaar 1 maand 1 week 5 dae 6 ure oud


Miskien
Hi Johann - Baie welkom in die Woes kring
Dankie vir jou inspirasie wat ek put uit die gedig.
Ja ons moet onself afvra of ek dalk 'n taak het en veruim ek as ek nie rondom my kyk en doen wat vir my uitgele is nie ...
Baie dankie
14 jaar 1 maand 1 week 5 dae 10 ure oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar