Gedigte

Titel: Mistig
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Grysgrou hang die winterkou
dis of daar ys uit wolke spat
en niks wat roer nie –
net ‘n duif
wat pofveer op
die eiketak
‘n silhoeët in swart uitspel

Daar bo die wye hemel oop
en vaal gras onder ,
bruin blare op ‘n hoop
van alle lewe kaal gestroop

Tog hou my hart nooit
op met hoop –
ja, selfs in hierdie
kil seisoen
wéét ek wat
God kan doen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mistig...
Die eerlikheid van die inhoud spoel sterk oor na die leser..
Is dit nie so, dat die werk van 'n mens wat werklik gelouter word deur beproewinge, soveel meer diepte toon nie?
2 jaar 6 maande 4 weke 4 ure oud


Mistig
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
2 jaar 7 maande 4 weke 9 ure oud


Mis
Gedig lees lekker maar trek 'n koue streep deur die hart. Sterkte.
2 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


Mis
Sterk gedig - pragtig gepen
2 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 9 ure oud


Mis
Baie mooi en hoopvol!
2 jaar 8 maande 7 ure oud


***
Goed geskryf, Elizabeth.
2 jaar 8 maande 8 ure oud


mistig
Dis pragtig.
2 jaar 8 maande 12 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar