Gedigte

Titel: mite in jerusalem

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

daar leef ‘n god
op die lippe van die mens
‘n passiespel in vlam
en polsend baar hy klanke
aan die kleinvuur van die hart

in die stofstrate van jerusalem
was elke soen
gewolk in lig en vuur
en die lipgod van ‘n vrou
het in haar oë ontspring,
met heilige riviere
het sy die voete van ‘n boodskapper
gewas, geseën, gesalf

in die hart van ‘n dissipel
het die fetus van ‘n goue kalf
die waarde van liptaal bepaal
die lipgod het een soen
met suurreën opgevul
en die offerkus het stormwind geword

in ‘n tuin waar olywe en granate boom
het ‘n lam geween
oor die doodsdolk in ‘n judaswolk



Kommentaar

Skitterend, Erna!
1 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 21 ure 33 minute oud


'n Weerleesvers, Erna Jo, wat die hart diep raak.
1 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 21 ure 59 minute oud


dit is vir my 'n vars beskrywing van 'n ou tema, lekker gelees, dit klink asof jy die Stad besoek het

lees gerus nog my 'eerste reen' en my reeks oor verskeie katedrale
1 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 22 ure 16 minute oud


Uitstekend
1 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 22 ure 43 minute oud


Bravo!!
Wie vra ek!!, kan hierdie vers lees en nie onaangeraak staan nie???

Absoluut briljant vasgepen!!, en ongelooflik diep word elke leser getref wat hier lees...soos gewoontlik is ook hierdie vers van jou van uitstaande kwaliteit!!
1 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 23 ure 11 minute oud


dit is vir my aangrypende werk van uitsonderlike kwaliteit.
1 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 23 ure 20 minute oud


Jy sonder jouself uit om skitterende werk keer op keer aan te bied
1 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 2 ure 2 minute oud


Die mooiste samevatting nog gelees,Pragtig die beelde....
1 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 3 ure 49 minute oud


Jou woorde gee besonderse betekenis aan die gebeure! n gunsteling vir my. L.T.
1 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 4 ure 15 minute oud


Jou woorde gee besonderse betekenis aan die gebeure! n gunsteling vir my. L.T.
1 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 4 ure 15 minute oud


Wow...... briljante en uniek!!!

Stephan
1 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 6 ure 18 minute oud


'n Vers wat !Beslis! weer en weer gelees moet word om die volle impak van die woorde te kan besef ...

... judaswolk, die liggod, die suurreën opgevulde kus ...

'n !Manjifieke! vers Erna Jo!
1 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 6 ure 33 minute oud


''...in ‘n tuin waar olywe en granate boom het ‘n lam geween oor die doodsdolk in ‘n judaswolk...''
- Wat doen jy aan my Erna ?
Hierdie vers getrou aan die Woord, maar gevuur en vlam deur jou besonderse beelde, ruk my hart vanoggend aan flarde!

Ek slaan my hande saam oor die term ''lipgod''.....hierdie vers kan ek oor en oor en oor lees en steeds sal ek nie genoeg daarvan kan kry nie...Vanoggend WoW jy my ! Dankie hiervoor !

ammiemoon
1 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 7 ure 59 minute oud



DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar