Gedigte

Bladsye:
Titel: MOEDER
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Moeder - Ode aan die moeder
‘n Moeder is eerstens ‘n skepping gemaak deur God en daarom net soos die natuur rondom ons in alle opsigte perfek geskep, gemaak, gevorm elkeen uniek en eiesoortig. Elkeen met haar eiesoortige kenmerke, eienskappe, talente, geur en kleur. Uiterlik en innerlik perfek geskape om ‘n moeder te wees.
Daarom ’n Moeder is:-      
Sy is skepper, kweker en verspreider van liefde
Sy is ware liefde
As iemand iets verkeerd doen sy is gou om te vergewe
Sy is vergifnis
Sy is daar as jy haar nodig het, sy gee om
Sy is omgee

As jy sleg voel is sy jou vertrooster
Sy is sieketrooster
As jy siek is sal sy jou dokter
Sy is dokter
Het jy sielsprobleme, sy is kundig
Sy is sielkundige

Verjaar jy en soek gebak
Sy is bakster
Smaak jy kos gemaak deur ‘n sjef
Sy is sjef
Altyd in beheer van haar huis
Sy is huishoudster tuis.

As jy soek vervoer van hier na doer
Sy is vervoer
As jy probleme het met jou huwelik en benodig ‘n raadgewer
Sy is huweliksraadgewer
Sy vervraai haar huis en skep
Sy is tuisteskepper

Sy beplan haar finansiele boekhouding
Sy is boekhouer
Het jy nodig christelike prediking
Sy is predikant
Soek jy iemand om iets vir jou vooruit te beplan
Sy is beplanner.

Soek jy ‘n ware vriendin
Sy is vriendin
Het jy klere wat stukkend is en wat jy moet regmaak
Sy is klere maker
Het jy klere wat jy moet was
Sy is masjien wat was

Het jy iemand nodig wat luister en hoor
Sy is oor
Soek jy iemand om jou kind op te pas
Sy is kinderopasser
Soek jy ‘n drukkie
Sy is drukkie

Soek jy ‘n moeder
Sy is vir altyd en ewigheid jou moeder
Soek jy ‘n leermeester en opvoeder
Sy is opvoeder
Eer en vereer haar op moedersdag
Sy sorg vir nageslag

08/05/2014


           
           



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Moeder
Amwen op n pragode aan elke moeder.. ja God het moeders die kroon van die skepping gemaak!!!
5 jaar 6 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


moeder
Dankie schalz dis pragtig, dis n voorreg om n moeder te wees.
5 jaar 6 maande 1 week 5 dae 7 ure oud


Moeder
Jip! Sien, sy doen "multi tasking" en daarvoor moet sy 'n medalje kry!
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


moeder
Ja/nee...dit lyk my die moeder is omtrent 'n wonderlike wese. Dankie dat jy so mooi skryf oor 'n moeder...
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


Moeder
OOOO ja. Onthou kinders; moet nooit vir 'n moeder 'n leun vertel nie sy weet dat dit 'n leun is voordat jy nog begin het.
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Dagboek van die tuinvoëls

    deur http://www.woes.co.za/

    Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar