Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat! ‘n Moedersdag sonder ‘n moeder?
‘n Moeder is soos ‘n huis
sy beskerm jou teen die storms van die lewe
‘n Moeder is soos ‘n saaimasjien
sy plant saadjies op jou hart se land
‘n Moeder is ‘n kunstenaar
sy verander jou vanaf ‘n wit doek tot ‘n meesterstuk
‘n Moeder is ‘n pottebakker
sy vorm jou menswees tot iets bruikbaars
‘n Moeder is soos ‘n melkery
sy voed jou klokslag op die tyd
‘n Moeder is soos ‘n stroper
sy oes jou gedagtes nog voor jy dit uitspreek
‘n Moeder is die wenas van die 4 x 4
sy sleep jou uit die modder as jy daarin wegsink
‘n Moeder is soos ‘n negosiewinkel
sy het altyd ietsie lekkers vir jou op die rak
‘n Moeder is soos ‘n toergids
sy voer jou brein af na nuwe en beter bestemmings
‘n Moeder is soos die hemelruim
haar liefde vir jou is net so oneindig groot
‘n Moeder het ‘n geheue soos ‘n olifant
sy onthou alles van jou geboorte af tot hede
‘n Moeder is soos die “deleet” knoppie op die rekenaar
sy vergewe alles wat jy verkeerd doen en “deleet” dit
‘n Moeder is soos ‘n werktuigkundige
sy maak jou siel reg as dit stukkend is
‘n Moeder is soos ‘n paneelklopper
sy herstel jou hart as dit gebroke is
‘n Moeder is iemand
wat liefde in oorvloed skenk en omgee
vir die vader en kinders van die huis
‘n Moeder is iemand
wat godsdiens bly koester in die huis
‘n Moeder is die tuiste skepper
die brandstof van die masjien wat die huis aandryf
al gaan die brandstof prys hoog
sy sal haar gesin nooit afskeep en die huis bly aandryf
‘n Moeder is soos ‘n helder ster
sy gee rigting aan die huis deur die donkerste nag
Daarom is elke dag en nag
Moedersdag, nie net 23 Mei 2012




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Moedersdag
13 Mei 2012
7 jaar 6 maande 3 weke 3 ure oud


Moedersdag
Baie dankie. Laat my skuldig voel oor tekortkominge.
7 jaar 6 maande 3 weke 4 ure oud


Moedersdag!
Meer waar woorde het ek nog nie gehoor nie, en tog vergeet mens dit.
7 jaar 6 maande 3 weke 8 ure oud


Opgedra
'n Pragtige ode aan 'n moeder. . .
7 jaar 6 maande 3 weke 10 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar