Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op hierdie spesiale dag aan u gedenk,
Dank ek die Heer dat Hy Moeder vir my nog ‘n jaar kon skenk.
Die jare is dalk nie meer so jonk,
Maar die wysheid, geduld en krag,
Is iets wat ek net kan leer, van U kan vermag.

Dit voel soos gister, toe ek as kind,
My gemoedsrus, vrede en sekuriteit in U arms kon vind.
Jy was altyd daar, gereed om iets te doen,
‘n Traan te droog of ‘n eina reg te soen.

Ons is hier en U is daar,
Meer as duisend kilometer uitmekaar
En die verlange word soms groot,
Na die kalmte van ‘n Moeder se skoot.

Vandag is ek getroud met kinders van my eie,
En nou is Ouma daar vir kleinkinders se tye.
En ek sien hoe hul ook die gemoedsrus vind,
In Ouma se arms, dit is mos maar kind.

Ek bid U word vir nog ‘n jaar gespaar,
Sodat my kinders, soos ek, ook U liefde kan ervaar.
En mag hulle ook die wysheid en vreugde vind,
Nes ek, tot nou toe nog steeds U kind.

Dankie vir jare se geswoeg en gesweet,
En ek wonder hoe U dit kon rekry, ja net u sal weet.
Dankbaar is ek, dis nou als verby,
Dat U ook na jare, sielsrus kan kry.

As kind het U my die beste geleer,
Om my eie kinders ook die nodige liefde, respek en erkenning te gee.
My belofte aan u is om dit te kan doen,
Ja, ook ‘n traan te droog of ‘n eina reg te soen.

Geniet hierdie dag, ek hoop daar’s nog veel,
Wat ons saam met Moeder en Ouma kan deel.
Die genade van my Heer is met U vandag,
Nog ‘n jaar lê voor, ek kan nie meer wag!



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Moedersdag
Dit is pragtig geskryf!
Jou mamma gaan hierdie verskriklik waardeer.
3 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar