Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar kom ‘n dag in die lewe
Van elke dogtertjie en seuntjie
Dat hy en sy besef hulle is nou
Oud genoeg om self Mamma
Of Pappa genoem te word

Daar kom ‘n dag in die lewe
Van elke Moeder
Dat sy moet vrede maak daarmee
Dat haar kinders self ook nou
Mamma of Pappa kan wees

Daar kom ‘n dag in die lewe
Van elke Mamma en haar kinders
Dat hulle moet besef dat geen ouderdom
En geen aantal kinders
Hulle verhouding kan verander nie

Dit maak nie saak hoe oud my Mamma word nie
Dit maak nie saak hoe oud ek word nie
Dit maak nie saak hoe groot my gesin word nie
Vir my sal jy altyd wees: “Liewe Moeder”.



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Moedersdag boodskap
Pragtig!
2 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


dankie vir hierdie mooi herinnering.
5 jaar 7 maande 8 ure oud


Ek stem saam in hoofletters.
Chris ek het vandag weer my gedig aan my ma en pa gaan lees ... en toe vang hierdie titel van jou my ... ek stem saam met jou in hoofletters. Dit is vir my altyd kosbaar om so deur die digters se werk te gaan want erens wys die mens agter die woorde in ons erkentenisse aan hulle wat ons die gawe van lewe geskenk het .... ons ouers!!
5 jaar 7 maande 18 ure oud



Van ons Premium+ lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar