Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liewe Jesus, sê vir Mamma daar,
ek verlang soveel na haar.
Sê ook asseblief,
ek het haar so baie lief!

Ek doen die huiswerk wat ek moet,
is nou soos stroop, so soet.
Ek eet my brood se korsies op
en ook die slegte ertjiesop.

Liewe Jesus, sê vir haar,
my humeurtjie het bedaar.
Ek wens ook sy kon weet,
dat ekke nou spinasie eet!

Jesus, hier kom ‘n gaap,
nou moet ek gaan slaap!
As Mamma vannag by my wil kuier,
moet haar seblief die droom nie weier!

Amen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mamma
Die onskuldige geloof van 'n kind, as ons maar net so kan glo!

Baie goed, lees gemaklik in vereenselwiging met die kind! ***
7 jaar 3 maande 4 weke 16 ure oud


***
Pragtig uit die oogpunt van 'n kind geskryf. Ek dink dis baie goed gedoen! Hartseermooi
7 jaar 3 maande 4 weke 22 ure oud


Moedersdag ook vir haar
Dis nou pragtig. Freek dis heerlik om soms weer 6 jaar oud te wees. Ek se dit met geen bybedoelings nie, ek se weer dis pragtig.
7 jaar 6 maande 4 weke 8 ure oud


Wunderbar!
Freek, jy is baie spesiaal. Om sò te kan rym, vra talent. En jy hét dit!
7 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


Moedersdag
Ag man, dit is sommer pragtig verby. Defnitief my gunsteling moedersdag gedig. Ek luv dit..
7 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud


Moedersdag
Pragtig, kinderlik :)
7 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar