Titel: Moenie bevrees wees nie
Weergawe: 1
Aantal woorde: 123
Kere gelees: 567
Datum gepubliseer: 22 Sep 2008
Toe ons opstaan die oggend was sy weg.
Die doodsengel het haar kom haal, God se kneg.
So saam, saam het hulle vertek,
na die poorte van die Hemel, God se hek.
God het haar hand styf in Syne gele,
en saggies vir haar gese:" Moenie bevrees wees nie My liewe kind,
jy is een van die uitverkorendes wat jou in My huis vind."
Bekommerd het sy terug gekyk,
toe sy sien hoe hartseer haar kinders lyk.
Sy sien nie hoe God se oe saggies op haar rus,
of hoe Hy al haar hartseer salig weg kus.
Die Hemelse engele het gejuig,
nog n kind van God is tuis.
Al die hartseer is nou uitgewis,
al sal die kinders hulle mammie altyd mis.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte
Algemeen
Resensies
Woes-Nuus

deur natasha dutton
"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...