Weergawe: 1
Aantal woorde: 175
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 22 Sep 2009
Ek alleen, net 'n sak met bagasie
Waar loop my pad dan heen
Net trane hartseer en baie ween
Vyf grafte op 'n stowwerige heuwel
'n Plaashuis met ‘n swart geuwel
Lande verdor, bar en kaal gestroop
Van alle rustigheid ontneem - geen hoop
Op die randjie vyf grafte so alleen
Geen naam, geen datum, geen steen
Balju voor die deur - jou plaas jou ontneem
Plat teen die aarde, waar gaan ek nou heen
Gepleit, gevra, “Ag Here meneer, gee tyd!”
Maar helaas niks anders in die hart, net spyt
Als verkoop, niks het van alles oorgebly
Net God weet hoeveel trane is daar gehuil
Die son se strale het die vel en gees geskroei
Deur die jare hard gewerk - voel so vermoei
Miskien eendag weer deur die hekkie loop
Grafstene opsit en weet dis kontant gekoop
Die moltrein kaartjies is so verskriklik duur
Stadig verby loop na die kroeg vir ‘n bier
Miskien eendag ken en alles verstaan
Wie weet waarheen die pad sal gaan...
© angelwings
Lees ander gedigte deur angelwings
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Evelyn van der Merwe
100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.