Gedigte

Titel: Monsters
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek is vasgevang
in hierdie donker kamer van my hart
ek kan nie ontsnap nie,
die slot is afgeroes van al die trane wat ek al gestort het

dit is stil,
alleen,
groot en oop,
dit voel asof ek gaan verdwaal
asof ek myself gaan verloor in hierdie donkerte
my ore suis
hier is niks en niemand
en die stilte vreet my op

tot hulle kom

die woorde eggo deur my hart
hule kom al nader
tartend knou hulle my af
die mure druk my vas
ontvlugting
is nou net n delusie
ek skree en gil,
hulle kom nader
ek spartel,
hulle het my
hul greep versterk en my vel brand onder hul kloue

hulle fluister
die sagte woorde krap in my ore
ek skree,
maar hulle woorde doof my skreeue uit
en al wat ek hoor,
is die woorde waarmee ek gebrandmerk is,
die woorde wat in my gesig gespoeg is.

ek sit in die hoekie van my donker hart,
vasgevang
die geskreeu,
die gefluister,
die eggo,
die waansin vreet my op
ek wil losbreek en verdwyn,
disintegreer
tot in 'n heelal van niks.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar