Gedigte

Titel: Moredou

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

in die hart van die kelk

van die lentewit lelie

vang ek in my fynste vlerk

die glinster van die moredou

meng ek daarmee saam

die lente en die son se straal

fluister ek daarin jou mooie naam

en drup dit op jou lippe neer

dan haal ek die eerste oggendlig

en bring dit tot in jou oe

en blaas ek vars nuwe morelug

sagkens tot teenaan jou wange




Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar