Gedigte

Titel: Môreson
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe laaste lig deur my vol hart sak
val ek in die sterwende strale neer
sing my boetepsalm sag
en droom van goue strome
se ewige rusplek teen die seer

O, hoor my smeeklied van verlang
soen wég die nat op my wang!

Stuur die sonwind, deurdring my
hou my sirkelend in die sonnebaan
bind my vas met swaartekrag
waar geen traan, pyn of dood
kan toegang kry

en laat my verrys in Hom
met die onsterflike môreson!

© C. Potgieter 2013-02-26



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
so so mooi!
7 jaar 3 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar