Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek kies die mooiste rokkie
sag val bottel groen tot op my voete
My hare spesiaal gedoen vir die okkasie
sagte krulle na bo opgevat
en hier en daar aspris
‘n parmantige krul
met sy eie wil

Parfuum ‘n Laventel, erotiese vrug
laat jou na asem snak
Foutloos gegrimeer
my lippe roospienk kleur
hoë hak gly oor die vloer
na naby waar jy loer

Hoe sjarmant die grys in jou hare
ek loer deur ‘n wimper skare
Oe hoe komplimenteer die manelpak jou vel
Jou reuk iets soos Muskadel en hout
Jou oë vang myne
My hart slae gee ‘n mis
sjoe, hoe roep jou lippe na ‘n kus

‘n Sagte skitter in my oë
Teer trek jy my teen jou aan
saam met jou sal ek enige plek gaan
Jou hand voel my kruis
My soel liggaam fragansie
Kunstig teen jou
Melodie omgalm ons hartepalm

My asem jaag
Jou lippe vraag
Sag tog dringend
“Sal ons dans?”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

sal ons dans
dans sal jy dans - op die maat vd woorde wat jy skryf! Mooie verse dankie
7 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


encore
skryf nog, want jy kan
7 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 23 ure oud


vriendin helna
sjoe wat een heerlyk gedig! baia gaaf!!

play it again sam! and again and again...:-)

ja dans maar mooi al die tyd!

graag gelees dus, dat snap jy:-)

gr en geniet jou donderdag

enrico
7 jaar 7 maande 3 weke 5 ure oud


En toe doen ons die Honeymoon-Waltz.....Sien die dowwe lig en sien niks behalwe die ander....
Baie spoggerig...
7 jaar 7 maande 3 weke 5 ure oud


sal ons dans?


. . . . .?
7 jaar 7 maande 3 weke 7 ure oud


****************************
Wow, regtig asemrowend mooi vriendin.

Teer trek jy my teen jou aan
saam met jou sal ek enige plek gaan

Jy mag maar!
7 jaar 7 maande 3 weke 7 ure oud


Ita
dans
Eroties romanties...'n heerlike dans en pragtige vers
7 jaar 7 maande 3 weke 16 ure oud


Musiek , sal ons dans
Ek sien tot jou strofes is musikaal gerankskik!dit wil gedoen wees! Doet so voort!
7 jaar 7 maande 3 weke 16 ure oud


Ag,
1,2,3...moes dit wees! (Jammer vir die vinger wat geglip het.)
7 jaar 7 maande 3 weke 17 ure oud


Daar's hy!
Nou kan jy wals!"Sal ons dans?" 1.2,3.
7 jaar 7 maande 3 weke 17 ure oud


Sal ons dans
Jou gedig laat my dink aan daai pragtige, outydse flieke met Fred Astaire en die elegante rokke wat die vrouens gedra het ... Pragtig!
7 jaar 7 maande 3 weke 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar