Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

altyd aan die jaag, jaag, jaag
vyf-en-twintig uur per dag
agt dae per week
van die Ooste tot die Weste
op ons lewensreis hier op aarde

gekwes deur die swaarkry tye in die lewe
geknel deur angs, moedeloosheid en vrees
te besig om soms net ‘n vlietende oomblik stil te staan
en vir ‘n oomblik die skepping te bewonder
na die ritme van die Hemelse musiek te luister

die musiek van die lewe het polsende ritme
in verskeidenheid lê eenheid en krag
saamgevoeg soos ‘n Messiaanse simfonie
van seerkry tot vreugde in perfekte harmonie
gedirigeer deur die alleswetende hoër Hand

liewe mede-lewensreisiger kom en vat my hand
laat ons dans, dans, dans
op die maat van die musiek van die lewe
terwyl ons meegevoer word deur die ritme en melodie
van die musiek van die Komponis



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Musiek van die lewe
Ek's mal oor die ritme van jou gedig en sien toe eers waaroor dit gaan nadat ek jou kommentaar gelees het. Puik gedoen en lekker dans!
7 jaar 7 maande 3 weke 18 ure oud


Dansmaats
Geskryf vir 'n klompie vriende wat agter die skerms op hulle stil manier my lewe 'n lied maak: Johan en Menanteau Roos, Charlotte de Villiers, Hannelie Ehlers, Marinda de Witt, Albert en Susan Venter en Johan en Marthie Barnard.
Wat 'n voorreg om saam met julle te kan dans.
7 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar