Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe ek gistraant gaan le,
Na n dag se werk, skoon pe,
Het ek my vroukie nag gese.

Tussen lakens so wit,
Het ek n paar woorde gebid,
En toe die bedlampie afgesit.

Min het ek geweet,
Van n nag se swoeg en sweet
Van ure se pyn en woeste skeet

Hierdie onheil kon niks verbloem,
Want die allervreeslikste, gezoem.
Het langs my kop, op gedoem

Met haar behendige gedartel,
het sy my met fladder vlek gemartel,
en in my katel, rond laat spartel,

Want die monster met n vlek,
Ken geen gebot of roomse kerk,
En het my nerwe, goed bewerk.

Al sit sy nou onskuldig, teen die muur,
vir die gekrap,is daar geen kuur
My sagte vel, die brand soos vuur,

Vir haar, met dikke pens,
Het ek net een grootte wens,
Maar, o wee, die spuitgif, staan in die spens.

So, met haar magie vol getap,
van my bloed se soette sap,
Moes ek toe maar verder krap.

Nou dat die rooidag breek,
Voel ek moeg en bleek,
en my lyf vol gate gesteek.

Al dink muskiet my bloed is vry
Gaan ek vir fladder monster kry
haar sake goed bewerk, glo vir my

met die eerste aand se dou,
Het ek om my bed gevou,
N net om die monstertjie, uit te hou…

Al kyk die fladder monsters my skeef,
Kan hulle heel nag om my bedjie sweef,
N rustige nag, sal ek beleef…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

:-)
Ek hou ook van die ligte trant en die rym. Dit is ook hoe ek maar dig. (probeer) Is ook nog in my babaskoene, maar het sommer woes begin woes. Welkom op Woes.
4 jaar 3 maande 3 weke 1 dag oud


Muskiet
In lekker ligte luim -- dankie.
Wenk: nie n liewer 'n [Ook nooit met hoofletter nie]
4 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 17 ure oud


Eina!
(Glimlag) 'n Gedig in ligte trant. Goed gedoen.
4 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar