Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



ek gee jou 'n uur my kind net een solo uur ek is
verlore my kind een een alleen want jy het geglip
deur tyd en op roosblare geval getooi in skarlaken
se wreedste doringrooi soos die wind my kind met
jou asem 'n blote fladdering vir 'n wyle om my hart
gebind amper mens amper 'n diafaan woordekind
maar jy was oud te oud vir dageraad en veels te
jonk vir nag my kind vir die amber oë van nag waar
ek steeds op jou wag en ek trane vang van rou oor
ek jou by my wou hou maar jy was reeds 'n ligjaar
ver van hier jy my kind met my immer soet en my
lief se pekelsout bedek gevleg uit bietjies hom en
bietjies ek dit was jy my kind en nou is ek sonder
hom en sonder jou my kind met net een solo uur

© 2011 Almarie Truter



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

my bietjies kind
Ek kan maar net opstandig voel...
9 jaar 5 maande 10 ure oud


;-)
Soos net jy kan Maan-mensie - maar sjoe dis eina !
9 jaar 5 maande 1 week 5 ure oud


Jou bietjies kind
Jislaaik, ek wou nog kommentaar lewer oor die estetiese uitleg en die gebrek aan leestekens en die vloei van die letters, maar toe oorrompel die seer in die letters my ...
9 jaar 5 maande 1 week 23 ure oud


My kind
Dis briljant verwoord. Ek hou van die wind wat jou met 'n blote fladdering om my hart gebind het!
9 jaar 5 maande 1 week 1 dag 3 ure oud


bietjies kind
Ek is woordeloos...
Dis werklik baie diep...
9 jaar 5 maande 1 week 1 dag 5 ure oud


My bietjies kind
Diep.....mooi....hartseer. Eina!
9 jaar 5 maande 1 week 1 dag 16 ure oud


my kind
Tasbaar, sielvol so besonders vasgepen, staan ek stil. Puik werk!!
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae oud


my bietjies kind
Ek geniet nog als van jou, en die een slaan water uit my hart
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 2 ure oud


Ammie
Baie goed - struktuur verfrissend.
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 6 ure oud


Wow...
Diep dinge vol seer...so mooi, ammie!
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


Bietjies kind
Bitter-bitter soos winter
net 'n ster wat êrens glinster
deur dof-glas skyn die seer
uit 'n hart so bitter bitter teer!

Ammie, hierdie styl is vir my vreemd. Sal baie graag meer wil weet.
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


die weervoorspelling
*groot VET hugs*
(en:jy leer vinning...hierdie digstyl het jy bemeester.like dit!)
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 10 ure oud


bietjies kind
Verskoon tog dat ek dit sommer so padlangs sê, maar: "Eina, bliksem!"
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 10 ure oud


=(
Ouch Ammie.. jou siel hier ontbloot en eina... pragtig verwoord.
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 10 ure oud


Ag Here Ammie - hierdie is stukke van jou siel wat hier lê....dis so vrek mooi. Rou so mooi verwoord.......
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 10 ure oud


my amper kind
So mooi en so seer!!
9 jaar 5 maande 1 week 2 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar