Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geskryf vir Ma Miems

Jare gelede het ek Ma ontmoet en ‘n dag gekuier
maar omstandighede het die bande laat wankel en steier ...
Nooit gedink ek sou weer die geleentheid kry
om te sê ek het my eie ma aan my sy!

Op my 46ste verjaarsdag het my lewe verander
want Ma het my met ‘n oproep genader,
ek kon dit nie net daar los en het weer teruggebel,
gereël dat ek Ma sien, wou die bande optel ...

My hart wou oorloop, soveel woordelose jare,
ons het mekaar dadelik gevind soos ‘n naald en stuk gare ...

Ek voel nou volkome, gevul en geseën
Ma se liefde is op my hart’s land soos reën,
nóóit sal ek Ma óóit weer laat gaan
want Ma is nou deel van my elke-dag-bestaan!

Lank verlore, nou weer gevind ...
ma-en-seun-liefde sal ons altyd bly bind!

Met al my liefde op ons eerste Moedersdag sáám,
Ma se seun
13 Mei 2012



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar