Titel: My boek
Weergawe: 1
Aantal woorde: 80
Kere gelees: 197
Datum gepubliseer: 16 Sep 2011
My lewe was georden
agtermekaar
Die blaaie versigtig genommer
Die storie presies gedeel in hoofstuk
Die volledige pakket
óf, so het ek gedink
Toe kom jy soos ‘n warrel
en waai deur my begrippe
deur lettergrepe
paragrawe
en sinne
Verander jy die toekomsprentjie
die storie
Skommel jy dit als deurmekaar
tot rigtingloos
Stukkend skeur jy die blaaie
tot nuwe klimaks
en slot
Maar…
Vir jou is ek eerder ’n doellose flenterpapier
as ‘n heel hart boek
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Francis Gillieron
Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.