Gedigte

Bladsye:
Titel: My Dogter
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die Heer het jou gemaak
voor die skepping van
genoeg woorde om
te beskryf hoe jy
ons binneste raak.

’n dogter soos jy kan
kan net kom met
die goedkeuring
van die hoogste Engele
bo of onder die son.

die Heer het vir
my geseën met
die geleentheid om
jou in hierdie
lewe te leen.

as iemand sou praat
van stief of eie
sal ek kan stry want
selfs my eie sou ek
geen beter kon kry

en ek staan vanaand
en sê, ‘Dankie Heer’
want jy is my dogter
en vir my is dit
die grootste eer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

so mooi :-)
5 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud


dankbaar
die dankbaarheid word duidelik verwoord hier, dit is 'n voreg om 'n ouer te wees
5 jaar 4 maande 3 weke 5 dae oud


Dogter
Sal ons ooit ten volle besef hoe Groot die lening van God aan ons is? Ek wil dit van jou leen om aan myne te stuur. Daar is mense wat soveel probleme van kinders ervaar, dat ek net besef dit is 'n onverdiende geskenk om so kind te he!
5 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 9 ure oud


my Dogter
Baie goed
5 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud


Z
Ons het so wonderlik seun in die familie gehad, maar die Here het hom teruggevat. Pragtige gedig vir 'n spesiale kind.
5 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


rex
Dogter ...
Mooi, soos altyd, Thys!
5 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


My Dogter
My liefste man,dit was regtig nou so goed beskryf,so dankbaar dat ons die kans gegun was om saam aan hierdie diamant van ons te geslyp het.Ons dank ons Hemelse Vader dat sy vandag so helder skitter,,,,baie lief vir jou,
5 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Skakerings van Grys

    deur Swartberg

    n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar