Titel: My dogtertjie - deur Greta Greer
Weergawe: 1
Aantal woorde: 88
Kere gelees: 93
Datum gepubliseer: 15 Mar 2010
Ek het 'n dogtertjie
wat soos die grys duif koer.
Daar is druppeltjies
silwer reën
in haar donker oë vasgevang
en sy haal saggies asem
in 'n lyf
gegeur met geel lemoen
sy draai sonstrale
in haar vlegsels vas
en wipstap koel spoortjies
my hele hart vol
en as sy haar hande saamvou om te bid
draai sy my in goue spinnerakke toe.
- a gedig deur my ma, Greta Greer. Sy is altyd in my gedagtes en my hart - en sal verewig my inspirasie bly.
Lees ander gedigte deur Ilva Pieterse
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte
Algemeen
Resensies
Woes-Nuus

deur natasha dutton
"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...