Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op aandrang van sekere Woeslede, plaas ek hierdie gedig.
Dis baie spesiaal vir my, want die gedig is getoonset, wyl dit deur ‘n baie bekende Taal organisasie, afgekeur is, as gedig. Ek was platgeslaan oor die kommentaar en het vir vyf jaar nie weer ‘n gedig geskryf nie.
Ek was baie teleurgesteld oor die resesensie, maar ek voel steeds dat ek nie eers een woord of sin wil verander nie.

As ek maar ‘n digter was,
Wat kon sit met God se woordeboek
Sou die woorde van Sy mond
My verwonderd laat
My gedagtes niks meer baat
Sy skeppingskrag
Sal self vertel met woordeprag
As ek maar ‘n digter was

As ek maar ‘n skilder was,
Wat kon sit in God se skildgalerei
Sou die kleurespel van Sy hand
My asemrowend laat
My verfkwas niks meer baat
Sy reȅnboogkrag
Sal self vertel van kleureprag
As ek maar ‘n skilder was

As ek maar ‘n beeldhouer was,
Wat kon sit in God se werkskamer
Sou die hamer en beitel in Sy hand
My spraakloos laat
My idees kom tot ‘n doodloopstraat
Sy beeldhouwerk
Sal self vertel van Sy netwerk
As ek maar ‘n beeldhouer was

As ek maar net mens kon wees
Wat alles voluit kon geniet
Sou my lewensdoel in Sy legkaart
My tot oorgawe kon ruk
My gewilligheid in Sy lapwerk stik
Sy afskynsel, my as mens
Tot heerlikheid herstel.
Noudat ek net mens kan wees

Die Koor gedeelte (vir die musiek)
Maar noudat ek ‘n sanger is
Wat kan sing in God se koor
Maak Sy melodie my Godsbewus
Ek loof Hom oor en oor
Sal Sy gees my tot liefde lei
In krag en in heerlikheid
Sal Sy majesteit volbring word
In heerlikheid.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Digter
Dis absoluut pragtig, met wonder boodskap van God se werke!
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 7 ure oud


wens
Jy skep 'n kunstige prentjie hier, wat die grootheid van God se werke so mooi uitbeeld. pragtig!
4 jaar 8 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


my droom
Staande applous!!!!.. as jy dalk die lied iewers het en vir ons kan kom oplaai....
4 jaar 8 maande 2 weke 17 ure oud


Digter
Moekie, dis pragtig, die stuur so 'n pragtige boodskap uit. Mens moet jou nooit aan ander se kritiek steur nie, dit was een mens se opinie, een mens wat 'n totaal ander uitkyk op die lewe gehad het as jy. Bravo vir hierdie pragtige gedig :)
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud


My droom
moekie hierdie is net eenvoudig n pragwerk.
dit is die probleem met deesdae se sogenaamde bevorderaars van afrikaans en uitgewers hulle soek net die room wat sal geld inbring. hulle beserf ie hoeveel talent in hierdie land isis nie. ek het dieselfde ondervinding gehad met die uitgewers en toe besluit ek te hel met julle. ek laat my boeke druk en versprei dit self en ek was nog nie n oomblik spyt mie
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 2 ure oud


My droom; My wens

Waarom sal 'n mens dan nie trots op hierdie prag werk wees nie?

Ek's bevoorreg om hierdie meesterstuk te kon lees.

Dit gaan na my gunsteling rak toe.



4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud


Droom
Dankie dat jy hierdie met ons deel. Sonder die lees hiervan sou ons soveel armer wees. Arme stom onnosele wat dit afgekeur het.
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud


.
Dit is pragtig.

Ek is baie dankbaar jy het dit hier geplaas.

Enige iets wat so uit die hart uit geskryf word, staan die kans om 'misverstaan' te word. Ander mense verstaan nie altyd die diepte en waarde daaraan nie. Moet tog nie dat iemand weer jou afsit van skryf af nie. Daar sal altyd iemand wees wat nie daarvan hou nie ...

4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 16 ure oud


my droom my wens
wow dis super mooi. Ja een ou of vrou het gruwelik verbrou met hierdie pragstuk.
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 18 ure oud


Ano
Droom
Mmm, moontlik het net die verkeerde persoon destyds die gedig gelees, dit nie verstaan nie en met sy onoordeelkundige woorde te seer gemaak het. Dis nou net die tipe persoon wat ek 'n 'flaming idiot' noem! Hopelooos te veel van hulle in die lewe.
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 18 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar