walm en rol vreugdesreuke na bo
versamel in die afval-as se val
in mooiste graffiti liefdespatrone
adem ek diep jou muskus-manlik-reuk
wat trillend in my neusvleuels spalk
genotvol en sensories deur my wese stol
hier waar ek in jou arms verdwaal
my vingers wat verkennend streel
oor die rimpels van jou warm lyf
die mintsmaak van jou warm soen
wat my sinne sielsalig verdoof
met die son en veld se reuk
wat saggies aan jou klere kleef
gaan ek op ‘n vreugde-sintuiglike toer
jy is en bly my ewige liefdestroebadoer
© Anzè Bezuidenhout
Lees ander gedigte deur Anze Bezuidenhout
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Rachelle du Bois
Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?
Dink eerder jy is die Trabadoer want aan jou romantiek is daar 'n nimmer-einde!
Mooi gedoen!