Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoeveel keer moet ek nog op my kniee gaan en vra
Wanneer gaan ek ophou om seer saam met my te dra
Sal daar ooit ‘n dag kom wat ek weer van binne sal lag
Gaan dit nog lank wees om te wag vir daardie dag.

Ek vra nie veel nie – vra net nog ‘n kans
Nog net 1 maal vir iemand om my hart te laat dans
Iemand om my menswees raak te sien en nie die uiterlike nie
‘n Persoon wat my nie sal wil maak ‘n lee doppie.

So lank al smag ek na innerlike geluk en vrede
Maar word dit weggeruk deur my verlede
Ek is nie ‘n slegte mens – ek is ‘n dapper mens
Iemand wat net droom en ook wense wens

Nooit sal ‘n prentjie man my ooit wil he
Ek is te reguit met wat ek maak en se
Skrik hulle af met my plat of die aarde bestaan
Is nie op hul vlak en en pas nie in by hul bestaan

Hardwerkende, getroue ma en mens is ek wel
Van die wereld se stampe en stote kan ek jou baie vertel
Op my kniee Heer vra ek U uit my siel
Verlos my asseblief van die alleenheid wat my so verniel



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gebed
So mooi en hartseer! Elke pot het n deksel. Die regte een sal op die regte tyd sy opwagting maak.
4 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 5 ure oud


MY GEBED VIR VANDAG
Eendag sal die regte ridder op sy perd aan die hartsdeur kom klop
4 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 17 ure oud


gebed
So mooi gebed en dit vir n maatjie wat pas. Ek glo dit kan baie eensaam wees. Hou goeie moed.
4 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar