Gedigte

Titel: My Gif
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

jy is my gif

waarvoor ek telkemale swig
soos jy my in vervoering toor

met vernuf

en ‘n magiese gevoel
van vlinders wat woel

in my lyf

soos chemie tussendeur ons spoel
en ons harte enig in liefde verstrengel

...vir ewig



*vir my man

© Kopiereg Voorbehou – L Badenhorst



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gif
(In die regte dosis is het gif soms medisinale waarde) - goeie kontras, kort, duidelik, treffend! Hou baie hiervan!
5 jaar 4 maande 4 weke 3 ure oud


My Gif
Ek dink die manier hoe jy "gif" gebruik om 'n positiewe verbintenis met die liefde te tref, is uitstaande. EN die slot reels is so omvattend van dit waarvoor ons almal wens.
5 jaar 11 maande 1 week 2 ure oud


My Gif

Gedagtedief het uitgelê, Vicman het geboekstaaf en ek be-aam!
Goed gedoen my skat!
5 jaar 11 maande 2 weke 13 ure oud


***
Ek hou van jou gedig -- gif of te not.

Kyk nou wat sê my ou HAT van die woord gif:

"Gif, (-te)
1. Wat een persoon aan 'n ander gee sonder om vergoeding daarvoor te verwag; geskenk, present: Dis nie goed om kinders aan gifte gewoond te maak nie. 2. Wat uit liefdadigheid gegee word; liefdesgawe, aalmoes: Van gifte en gawes leef."

...en ek dink dis presies wat jou gedig verwoord.

In die kol, sou ek sê.
5 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 5 ure oud


Gif
Baie oulik
5 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 8 ure oud


gif
gesonder soort gif hierdie hoor, Zellie jy't jouself weer oortref baie mooi
5 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 9 ure oud


My Gif
Nee los dit so. Moenie verander hieraan nie. Kyk wat se die groot kokkedore, jy het hom seker ingeskryf vir die kompetiesie? Eers dan verander jy as dit nodig is. Maar vir my pragtig net soos dit daar is.Ek het gou na die kommentaar gaan kyk. Ek dink jy kan baie leer by "Gedagtedief"
5 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


*
Ek het oorweeg om gif na toegif te verander, maar ek het besluit om dit liewer nie te doen nie.

Ek dink my gedig is kragtig soos dit is, en dra oor wat ek oorspronklik wou gehad het dit moes.

Gedagtedief is reg, elkeen is geregtig op hul eie opinie en hoe hulle gedigte interpreteer. Ook om te sê wat dit is.

Dankie*
5 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 14 ure oud


My gif
Skitterend, Zellie. Ek wil graag met Gedagtedief saamstem, jy het 'n natuurlike talent om te kan dig. Jy se BAIE deur die gebruik van MIN woorde. Jou titel is ook baie treffend. Doen so voort!!
5 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 14 ure oud


Gif
Dit is verbasend hoe min woorde sulke trefkrag het! Pragstuk! Zellie.
5 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 14 ure oud


Gif
Pragtig ZELLIE
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud


Gif
Zellie, dis PRAGTIG!

Ek dink dat jou sterkpunt dig is, en glo dat jy goed sal doen as jy daarop fokus en dit ontwikkel. Ja, die motiveringsprekers sal dalk vir jou sê dat 'n ketting se sterkte in sy swakste skakel lê - bedoelende dat 'n mens sy swakpunte moet ontwikkel. Ek sê, verbeter jou goeie kwaliteite, as jy goed kan dig of skryf is daar mense wat die fine tuning kan doen wat spelling ens. betref.

Zellie, ek is GEEN kundig op die skryfgebied nie en gee maar net my beskeie opinie. Natuurlik het elke leser die reg om dit anders te interpreteer as wat selfs die digter daarmee bedoel het en daarom gerigtig is op sy eie opinie. Daarom het ek ook die reg om my mening te lug. Ek respekteer die sienings van Sneeuwolf en Arnold, maar stem nie met hul saam nie.

Jou "gif", "swig", "toor", "vernuf", "gevoel", "woel", "lyf", "spoel" en "man" aan elke einde, dra vir my terselfdertyd klem en belangrike inligting, om die sentrale gedagte van jou gedig uit te bou. Ek dink nie iemand sou jou kon beskuldig van rymdwang nie, jy het suksesvol met woorde gespeel. Voorts benadruk "gif", "swig", "toor", "woel", "lyf", "spoel" en "man" vir my hoe en waar die gif werksaam is en waarvoor dit bedoel is. Die "gif" is nie vir my negatief nie - inteendeel. Gif is 'n sterk chemiese ding wat dodelik is vir die mens (soos die liefde). Die Chemiesheid daarvan is verantwoordelik dat dit met my kan "toor" of op "'n trip sit", anders en ook "vlinders" kan laat voel, soos dit tussen jou en jou man "spoel". Die dodelikheid van gif hou vir my verband met "verstrengel" en is so onomkeerbaar soos jou "vir ewig". Die sogenaamde negatiewe konnotasie van die woord "gif" kan ook afgemaak word deur dit as 'n allegerie beskou word - m.a.w. iets anders sê as wat jy bedoel, maar vir my lê dit eintlik daarin dat jy digterlike vryheid het, om 'n woord in te span op 'n heel ander plek, met 'n heel ander betekenis en in 'n ander verband. Natuurlik het elke leser die reg om dit anders te interpreteer as wat selfs die digter daarmee bedoel het en daarom gerigtig is op sy eie opinie.

Elkeen is mos geregtig op sy eie opinie, hetsy of dit reg of verkeerd is. Of hoe?

Ek dink jou "My gif" is is in sy geheel fantasties Zellie! You are are poet and they do not know it!

Ek is op pad rugby toe en het hierdie vinnig geskryf - verskoon asb al die moontlike foute.
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


My Gif

Stem saam met Sneeuwolf.

Wat van die woordjie; "toegif" dit het soveel meer krag om die gedig tot sy reg te laat kom.
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud


*
Dankie vir almal se kommentaar***
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 8 ure oud


Gif
Ditto al die ander

Goeie uitleg, goeie struktuur, mooi woorde vir jou geliefde!
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 8 ure oud


Jy is my Gif
"n Pragtige vers met nuwe aanklank

Behalwe
Die woordjie "Gif"

Gif is negatief en ek dink nie mens kan verslaaf raak daaraan nie.

Mens raak mos verslaaf aan jou geliefde(?)

Doepa, Laventel, stroop enige toepaslike woordjie sal die Vers meer eer aan doen.
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


.
me like !
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud


Gif
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Liefdes projek
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud


die weervoorspelling
NIce.
ek like die struktuur ook baie.
werk perfek vir die spesifieke vers.
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud


gif
Goed verwoord, Zellie. En mag hy altyd so giftig vir jou bly :-)
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


Hmmmmm
Gelukkige man!
Mooi geskryf.
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


gif
Dit se baie. Dis moooi as die liefde so vloei.
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


My gif
Prigtige gedig vir jou man, ek beny hom omdat hy so gelukkig is.
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


My gif
Dis pragtig, Zellie
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


gif
Mooi ode aan jou ander helfte.
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar