Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis die skril stilte
wat die hardste gil

– dis die woorde op stelte
wat versigtig om eiers loop
wat die meeste skade berokken .

Dis die verliefde oë
wat desperaat rondkyk
vir liefde se lig
wat die donkerste donker sien

– dis die weerlose hart
wat die vinnigste klop
wat die wreedste ontnugtering trompop loop .

Ironies dan dat dit juis
ook dan die dapperste hart is
wat die meeste
en die seerste kry .


( 19/05/2015 20h05
Go figure liewe mens
jou ewige romantikus . )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hart
Pragtige werk... raak die hart aan!
5 jaar 1 dag 21 ure oud


Hart hart . . .
Ek stuur hierdie een aan vir iemand wie se hart hart is vanaand . . .
5 jaar 2 dae 11 ure oud


my hart
ek ditto vir Viooltjie... hierdie is n puik gedig Rudi.. hy praat met my!
5 jaar 2 dae 23 ure oud


dapper
Dis die dapper hart wat hart bly en nie verhard nie. Die een wat bly glo dat daar liefde sal wees, al het hy baie male seergekry. 'n Gedig vir alle believers met harte. BAIE mooi :-)
5 jaar 3 dae 2 ure oud


***
hou baie hiervan.
5 jaar 3 dae 2 ure oud


.
Dis waar.

Ek hou van jou woordkeues hierin.
5 jaar 3 dae 2 ure oud



Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar