Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanneer ek dink ek is ok
gedagtes diep weggebere oor jou
begin 'n klop op die litteken
bars die etter van onthou oop
en vergiftig my hele wese
oor verlange na jou

Nagure stoei ek die kussing
draai op my ander sy
en kruip vas teen hom
met ‘n sug sluit ek my oë
en wonder oor 'n sms
soveel lëe aande terug
“Is jy ok”
Nee ek sal nooit weer "ok" wees nie
But
If you can’t have what you love
You beter love what you got!!!!!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

"If you don't like something change it; if you can't change it, change the way you think about it." ~Mary Engelbreit

Altyd makliker gese as gedaan...

Mal oor die simboliek in:
'Nagure stoei ek die kussing
draai op my ander sy
en kruip vas teen hom'
9 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud


Woorde vol worsteling en ten spyte van saam met iemand wees, alleen voel, omdat die hart na iemand anders roep.
Aangrypend en eerlik geskryf.
9 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud


Verlange, seer, hunkering, seer, gedagtes moet met die wete dat jy lief moet hê wat jy het verdryf word. Skitterend geskryf.
9 jaar 4 maande 2 dae 2 ure oud


dis baie mooi geskryf tannie.dis n baie mooi gedigie vir my en baie dankie vir al tannie se kommentare wat tannie vir my geskryf het. ;-)
9 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


Puik geskryf Cat! Is ons werklik altyd 'ok'...ek glo nie!
xxxx
9 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud


Diepseer ene dié, die'etter van onthou'.
Die hoop wat 'n SMS iewers laat opvlam, is hel! Uitstekend, Catbury!
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud


Jy Skryf **Beautiful** Wanneer Jy Seer Het ...
---
Nee ek sal nooit weer "ok" wees nie
--- & that's the naked truth for many of us.
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 8 ure oud


If you can’t have what you love
You beter love what you got!!!!!
Daar is so 'n pragtige diep lessie in jou slot. Puik gedoen.
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 9 ure oud


Hoe pynlik klink die alleen verlange...is daar 'n glimmering van hoop?? Pragtig!
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 11 ure oud


Ag, vat my en gebruik my op, op , op ...
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


Selde besef ons hoe gelukkig is ons as ons het wat ons wil hê. So hartseer. Hou van die einde se dieper waarheid.
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud


''..en wonder oor 'n sms
soveel lëe aande terug
“Is jy ok”...'' - ai my maat ! Seer-waar !

ammie...xxx
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


Jou titel alleen maak al die weemoed in my wakker! Raak geskryf!
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


my hart roep..
dis geen troos nie,dit word nie beter nie,net die onthou tussenin word langer.begin voor en leer weer liefhe.sterkte !
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud


Ja die nagtelike stoei waarmee so baie worstel...sad! Mooi bewoord!
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    As drome waar word

    deur Evelyn van der Merwe

    Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar