Gedigte

Titel: My hartland

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


die erosie van my grou hart
is sigbaar vanuit die buite-ruim
snye lê diep in sy sagte kors
gekerf deur ploegskaar-woorde

met jou net-ek-is-reg etiket
het jy my aarde omgedolwe
en saad wat jy kom saai het was
besmet met vingerwys-arrogansie

jou eie woord-is-wet kultuur
het jy gespyker teen my siel
oeste van my hartland het gefaal
my souttrane het hul brak gelê

my gee se diesel het opgeraak
kunsmis het gemuf in die skuur
die balju het bakhand gestaan
te koop-borde reeds opgeslaan

gordyne swaar voor elke venster
stof vergader reeds in elke vou
‘n deur skarnier toe agter my ...
die werf-rumoer hang in stilte



© WERNER WEHMEYER 2011



Kommentaar

...
Ek gaan gekruisig word hier voor maar dis ook ok. Ek is gek oor jou manier van beeldspraak maar ek voel 'n te kort aan ritme in jou gedig. Mal oor die 4de vers wat fantasties werk!
7 maande 1 week 3 dae 20 ure 11 minute oud


Hartland
Baie goed gedoen, met fantastiese vergelykings.
8 maande 2 weke 4 dae 7 ure 52 minute oud


My hartland
...besmet met vingerwys-arogansie... hoe baie keer is dit die oorsaak van oneindige hartseer en pyn. Goed geskryf
8 maande 3 weke 4 dae 18 ure 55 minute oud


My hartland
Die gedig laat my dink aan die Hartland program wat nou op Kyknet uit gesaai word. Ek hou van die gedig.
8 maande 3 weke 5 dae 5 ure 33 minute oud


=)
stunning... dis al wat ek kan se.
8 maande 3 weke 5 dae 8 ure 14 minute oud


Sjoe...
mooi diep woorde
maar ook
diep-mooi woorde
Goed gedoen!
8 maande 3 weke 5 dae 20 ure 23 minute oud


hartland
Hierin (dink ek) lê soveel meer as net woorde. Dis asof die siel in worsteling is. Puik geskryf Werner!
8 maande 3 weke 6 dae 37 minute oud


.
Ek het die brakland in my gedagtes gesien en die wind wat die bogrond wegwaai - sulke rooi sandstorms. Ek verstaan ook van ploegskaar woorde hoewel ek eintlik ploegskaar stiltes beter sal verstaan in my geval. Beelde wat jy gebruik is so reg in my ervaringsveld.
8 maande 3 weke 6 dae 45 minute oud


mooi
"oeste van my hartland het gefaal"
Baie treffend gestel.
8 maande 3 weke 6 dae 1 uur 41 minute oud


My hartland
Die emosie is tasbaar in elke beeld wat jy skep en ek dink jy het tenvolle geslaag om die leser saam te sleur deur jou hart se land.

Groete

Chenél
8 maande 3 weke 6 dae 1 uur 57 minute oud


Hartland
Baie mooi, weereens! Ongelooflik hoe jy op ongewone manier kan toor met 'n WYE verskeidenheid van temas. Met hierdie enetjie is daar meer as een tema en ek veronderstel elke leser vind sy/haar eie betekenis.
8 maande 3 weke 6 dae 5 ure 39 minute oud


Kommentaar
"My gee se diesel het opgeraak. . ." Ai, wat kan ek se? 'n Uitsonderlike gedig.

Vonnie
8 maande 3 weke 6 dae 6 ure 2 minute oud


My hartland
Die hartseer skel deur jou woorde...'n plek wat jy eens liefgehad het, agter moes laat en 'n nuwe begin maak. Hartroerend neergepen, Werner...ek voel en sien jou pyn duidelik deurskemer!
8 maande 3 weke 6 dae 6 ure 58 minute oud


AC
Werner
Voeg by tot gunsteling - click
8 maande 3 weke 6 dae 7 ure 45 minute oud


Puik beeldontwikkeling!
Deesdae maak die wet voorsiening vir' business rescue' wat die krediteure ( en balju) vir `n tyd verban : Moet jou Sakereddingspraksyn net reg kies! * glimlag *
8 maande 3 weke 6 dae 8 ure 4 minute oud


Hartland
Broer,
nuwe verf aan die kwas.
Ek sien 'n ou geroeste lewe, agter laat
en 'n nuwe sonskyn een tegoet gaan.!
8 maande 3 weke 6 dae 9 ure 38 minute oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar