Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wou jou wys
jou vertel
die storie van die kettie in my gat sak
saam jou kleilat speel
jou eerste rugby game
breëbors van die kantlyn skree

As jy ‘n meisie was
sou jy my klein prinsessie wees
‘n poppekas vir jou maak
met deurtjies en liggies
ek sou jou ballet toe vat
‘n duisend kiekies van jou neem

As dit maar kon
sou jy my lewe wees
vir jou sou ek gee
‘n duisend maal die liefde wat jou kinderhart begeer
in my sal jy my droomkind
altyd my hartsbegeerte wees.

BennyB
© 21/09/2010 Barend Booysen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

My harts droomkind
Benneman.... hoe diep kom hierdie vers nie uit jou siel nie? My hart huil saam met jou. Flippit.
8 jaar 8 maande 4 weke oud


...
Die gemis... So mooi verwoord.... Beautiful!!!
9 jaar 5 dae 17 ure oud


soms het my groot kekkelbek nie woorde nie.... Ek het hierdie by my favs gevoeg - en in my hart ge-bostik...
9 jaar 3 maande 3 dae 2 ure oud


Droomkind.
Ek is seker jy sou, Benny, ek is seker jy sou. Ek weet ook baie kinders sal wens om so 'n pa te kon hê.

'n Hartsgedig.
9 jaar 4 maande 5 dae 20 ure oud


kan maar net se... beautifull!
9 jaar 4 maande 6 dae 20 ure oud


Eina die ene is hartseer vir my.....jyt die gevoel hier binne perfek vasgevang...jou slot is treffend-rou.....ontnugtering

Tella
9 jaar 4 maande 1 week 6 ure oud


Baie mooi, n droomkind in jou hart diep weggebere
9 jaar 4 maande 1 week 8 ure oud


BennyB, dis 'n besonderse gedig hierdie. As ek so na die kommentare kyk, het jy met hierdie woorde elke hart wat hier gelees het aangeraak. Sou daar 'n barometer vir besonderse gedigte wees, dan het joune deur die kwik geskiet. Briljant!!!
9 jaar 4 maande 1 week 9 ure oud


Beautiful!
9 jaar 4 maande 1 week 9 ure oud


Beautiful...
9 jaar 4 maande 1 week 17 ure oud


Daar is geen verdere behoeftes wat 'n kind sal wil hê, as dit wat in die paar reëls staan nie. Hoe graag wil ons nie ook so pa wees nie!!

Skitterend geskryf met die perfekte emosie.
9 jaar 4 maande 1 week 20 ure oud


ek kom skep ook uit hierdie kruik vol kosbare woorde.
a.
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag oud


Sjoe..ek het 'n hengse groot knop in my keel..en kan ek net woordeloos voor hierdie grootse vers stil bly staan...tasbaar is die emosie en gevoel uitgebeeld! Baie goed verwoord!!
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


Wow!!! Briljant en jou woorde laat my sprakeloos!!
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 4 ure oud


Pa-pa.
O, die versugting. O, die vermisting. Om pa te wees is maklik, 'n pa-pa is alte noodsaaklik, vir sommige is dit nie beskore, vir ander is hierdie kans verlore. Berus, wees voldaan, die doel van jou bestaan lê iewers elders verborge, om ander te versôre.

Monty.
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 6 ure oud


Pragtstuk, sowaar baie mooi Am
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 6 ure oud


My hartsdroom kind
BennyB - jy doen dit keer op keer aan n mens se hart ... hierdie is wonderlik ... en luister na die mense ... hierdie moet die gedig van die jaar wees ... en meer! Aanhou skryf ASSEBLIEF!!!
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 7 ure oud


Wie kan ooit só 'n hunkering peil.... Die eerlikheid van die vers raak hart en siel ...
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 7 ure oud


Posman
Ek kon nie help om jou kommentaar te lees toe ek weer kom loer het na hierdie vers nie. Weet net dat ook JY vandag uitstaan as man asook elke man wat vandag in hierdie kommentaarboks kom oopmaak het. My bede is dat 'n nuwe generasie man sal opstaan wat nie sal skroom om die core van sy hart aan sy geliefde en ook die wêreld te openbaar nie....Te lank het ons as vrouens leeg en geroof langs die kantlyn gestaan en verlang na julle !

ammiemoon
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 7 ure oud


my harts droomkind
bennyb, ek was genoodsaak deur ammiemoon om hierdie skrywe van jou te lees, en tot my spyt staan ek klein voor jou en die woorde wat jy skryf.
waarlik, jy is n MAN in alle opsigte.dankie dat jy my weer laat dink waar ek moet wees om MAN te kan wees. uitstekend
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 7 ure oud


ken die oomblikke van leemte...
...die oomblikke van vreudes wat mens oorweldig wanneer mens jou pelle se kinders sien...en tyd saam hulle spandeer.
ens..ens..ens...
die behoefte goed tot lewe gebring.
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 8 ure oud


Dankie Am vir hierdie posstuk
BennyB, hier skryf jy 'n skitterende storm los. Puik.
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 8 ure oud


My Hartsdroomkind...
`pa Bennie...` wat `n fenominale mens is jy! Jy maak ons skepper se hart so dankbaar, want Hy`t `n droom gehad-dat DIT IS HOE MANS MOES WEES..
jy`t binne in `n krakie in my hart geval
en ek huil saam met jou.
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


Ek is terug, net om vir jou te sê: HIERDIE is DIE gedig van die jaar! Ek glo nie iemand kan hierdie gedig van jou lees en nie 'n knop in sy keel kry nie of 'n traan afvee nie.
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


Ammie - jy weet tog maar net hoe om met jou woorde te speel!
baie baie mooi

Blommetjie
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


Vandag weet ek wat talent beteken...vandag weet ek dat mens iets so kan begeer dat jy dit in 'n werklikheid kan omskep, kan beleef, asof dit was/is.
My Moederhart kon vir J 'n stuk skryf, want ek is daar...ek leef die gevoel...hoe jy die reg gekry het......? Ek verkies om nou stil te bly! Dit was mooi, dit was meer as mooi dit was 'n rede om sooo dankbaar te wees vir wat God ons reeds gegee het!!! Dankie!
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


BennyB, waar kom jy vandaan???? Dit is die mooiste mooi wat ek in 'n lang tyd gelees het. Ek gaan koop sommer vir jou 'n seuntjie en 'n dogtertjie wat jy so kan liefhê! Uit my hart uit dankie vir hierdie pragvers van jou. Ek wil nog baie daarvan lees!
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


My harts droomkind
Dit is sowaar die eerste keer in my lewe dat ek sien dat 'n man dapper genoeg is om te erken dat hy graag 'n pa wou wees. Dit vat 'n GROOT man om dit so pynlik te erken. Pragtig verwoord ..... en vandag gaan ek ekstra lief wees vir die drie kinders wat en my man ontvang het.

xx
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


SJOE!! ek het nie woorde nie, ek moes weer kyk, kan 'n man so teer wees? en JA hy kan!!
SKITTEREND geskryf!
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


..en dan staan ek vanoggend voor 'n vers soos hierdie en 'n gevoel oorweldig my wat nie in woorde omskryf kan word nie...wanneer 'n vers gepen word, gestroop van fênsie woorde, gepaste rym en konvensionele literêre voorskrifte...Wanneer 'n mens se hart ontbloot voor my lê en ek weet..DIT, HIERDIE is murg !!!!...

Benny, ek staan stil voor hierdie ''hartskind'' van jou !

STIL.....hier gaan 'n MAN verby !

ammiemoon
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar