Gedigte

Titel: My hele wese

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek voel hoe my hele wese skree na buite
Ek voel ek wil hardloop tot die pyn vreet deur my kuite
Die trane teen my wang kan ek nie om sit in woorde
En die woede in my binneste het geen akkoorde
Waar het ek myself so verloor
Vat weg hierdie dolk wat my deurboor
Heer, vandag bid ek vir myself vir krag
Want ek weet nie wanneer kom die dag
Vir my voel dit of my lewe tot ‘n einde kom
Vandag maak ‘n grap van gister my stom
Word ek gestraf vir een keer se fout in my lewe
Help my besef waarna ek nou eintlik strewe
Hierdie storm wil my kop onder water druk
En ek voel die trane brand in my keel soos ek sluk
En dit vir wat ?
‘n Simple saaitjie deur ‘n ontroue persoon gesaai
Waarom kan ek nie net my beterhelfte vertrou
Waarom kan ek nie net geniet waaraan ons so lank bou
Heer U ingryping in my lewe is waarvoor ek bid
Heer U alleen kan weer die liefde in my hart terug sit
U het my mooi gemaak gevul met liefde en kamaraadskap
U het my gevul met uithou vermoeë om die pad saam te stap
Heer ons het mekaar nodig sonder fieterasies en kunkels
Heer maak my weer die meisie wat hy onthou en op verlief geraak het
Die een vir wie dit belangrik was om op al die klein dingetjies te let
Heer wees U die gedagtes wat my laat onthou hoe dit kan wees
Wees U in beheer van die woorde wat my mond verlaat
Heer wees net daar vir my om raak te sien
En maak my handelinge die van iemand wat U dien
Maak my soos ‘n eend en laat hierdie gedagtes van my afrol
Want saam met U is my lewe wonderlik en vol
Dankie dat daar altyd hoop is waar U in ons lewe is
Want U liefde is seker en gewis
Heer ek het U lief want U genade ken geen perke
En geen situasie is vir U te groot of Klein vir wonderwerke



Kommentaar

antwoord
wat sal die lewe wees sonder gedigte en om jouself uit tedruk. die Here is goed en het reeds my hart stil gemaak en vir my die krag gegee wat ek nodig het. dankie
1 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 21 ure 43 minute oud


ek is seker ons Liewe Heer het die gebed gehoor en sal dit beantwoord. Mooi en met opregtheid deurgegee. Wel gedaan.
1 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 1 uur 38 minute oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar