Gedigte

Titel: My Hilda-briefie.

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met twee breipenne in die hand
regs en aweregs vir liefdespand

brei ek woordgeraamde gedig
sonder lyf of gestreepte gesig

gaan dan mooi daarop borduur
my kunsbriefie per pos aanstuur

daarop is my hart fyn ingewerk
in kruisiesteek jou naam gemerk

met tolletjiebrei mooi vasgemaak
dat dit nie in die pos sal wegraak

jy sal dit sommer dadelik herken
my goue liefdeseël daarop gepen.

2012/01/02 Joan Lotz



Kommentaar

Brei beloftes
Pragtig geskryf met beeldende emosies.
2 maande 3 weke 6 dae 9 ure 56 minute oud


Hilda s'n
Alles goed en wel....maar outhou net Oubaas is Hilda s'n!
Oulik geskryf, Ma-linguis! ...en steeds verweef jy Liefde in elke prentjie.
3 maande 3 weke 1 dag 7 ure 57 minute oud


Gedagtes
Dankie vir die mooi versinnebeelding. Ek het ook al baie keer wanneer ek (vir terapie) brei, gewonder oor die gedagtes wat ek so tussen die stekies inbrei.

Dankie vir jou inspirasie, vriendin.

Vonnie
3 maande 3 weke 3 dae 7 ure 12 minute oud


Hilda
Hoe uniek is die een dan nie, uit die pen van 'n vrou wat met goud en silwer woord-drade 'n meesterstuk borduur!
3 maande 3 weke 3 dae 8 ure 14 minute oud


Hilda-briefie
Dis 'n mooi handwerkie dié.
3 maande 3 weke 3 dae 10 ure oud


@
goeie gedig sonder enige verlore steek!
3 maande 3 weke 3 dae 10 ure 6 minute oud


Brei
En jy brei so mooi met woorde
3 maande 3 weke 3 dae 16 ure 31 minute oud



Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar