Gedigte

Titel: My innige wens vir 2012.

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir hierdie Nuwejaar
wil ek niks nuut opgaar
net dat elkeen geluk smaak
geen nuwe voorneme maak
wat nie gaan realiseer

my hart deel ek vrylik uit
al my mense kan dit buit
sal my liefde geheel insluit
ek gee nie daarvoor ’n duit
as hul dit met sorg hanteer

dat ons liefde onbeperk deel
vir ewig deur die jaar verseël
dat ons mekaar kan help dra
wanneer hartseer trane vra
dat verlange of pyn nie pla

met bedagsaamheid kan troos
eensame mensesiel dalk broos
wanneer lewensdruk opwel
as storms verwoes...neerfel
sorgsaam, taktvol, steun...optel

wees lief vir mekaar, ondersteun
wees die skouer om op te leun
wanneer sorge laat voel jy faal
wees die een wat die splinter uithaal
besef jul is elkeen uniek, spesiaal

mag God elkeen ryklik seën
deur die hele 2012 heen
ook vir die tyd aan ons geleen
ons mekaar altyd sal respekteer
glo en vertrou Hy is in beheer.

©28/12/2011 Joan Lotz



Kommentaar

My innige wens vir 2012.
Jammer dat ek nou eers hier kon uitkom! Baie dankie vir die wense en ja, die belangrikste is, soos wat jy se: "glo en vertrou Hy is in beheer."
Laat, my skat, maar mag hierdie jaar vir jou vol avontuur wees!
Mooi bly.
3 maande 2 weke 5 dae 6 ure 57 minute oud


My innige wens...
Hoe bevoorreg is ons om so geseen te word met jou kosbare wens-woorde. Mag Gods goedheid oor jou reen elke nuwe dag wat by jou kom draai maak.
Hermien V.N
3 maande 4 weke 20 ure 6 minute oud


My innige wens vir 2012.
Dankie daarvoor!
4 maande 2 weke 3 dae 9 ure 56 minute oud


2012
Wat 'n seën om 'n Seënmens soos jy te ken! Dankie vir die pragtige wense en dat jy jou hart en liefde met ons deel. Sal nie anders kan as om dit te koester en met respek te hanteer.
4 maande 2 weke 6 dae 7 ure 58 minute oud


Wonderwense soos hierdie, kry mens in tweemaat terug.
4 maande 3 weke 20 ure 30 minute oud


2012
Hoop jy gaan ook net die beste ondervind wat die lewe vir jou gaan uitstort! Lots o luv!
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
4 maande 3 weke 1 dag 8 ure 34 minute oud


My innig wens vir 2012
Baie inspirerend, Joan. Die jaar hier by ons het 'n lieflike begin gehad. Die eerste keer in 5 jaar dat ek nie hoef op te pak op die nuwe jaar en terugry suide toe nie. Ons is die liewe Heer so innig dankbaar dat ek by die huis werk. Ek wens jou en jou familie 'n vreugdevolle en voorspeodige nuwe jaar toe. God's rykste seën vir jou.

Marcelle
4 maande 3 weke 1 dag 20 ure 35 minute oud


Wense
Ja, niemand hou tog op die ou end hul voornemes nie. Die beste is om maar net goed te wees vir ander en jou beste altyd te gee. Baie baie mooi wense hierdie en ek wens dit vir ta ook toe. Mag die jaar vol seën wees en net gesondheid in hou. Liefde
4 maande 3 weke 3 dae 6 ure 58 minute oud


die weervoorspelling
smile.
vele mooi sag kosbare wense.
respek vir jou.
xxx
4 maande 3 weke 5 dae 6 ure 10 minute oud


2012
Mooiste wense ook vir jou, veral vir 'n lekker jaar van skryf
4 maande 3 weke 5 dae 8 ure 46 minute oud


2012
En mag jy ook n geseende 2012 he Joan
4 maande 3 weke 5 dae 17 ure 44 minute oud


2012
Bravo bravo en ditto ditto en ook return to sender! Ek kan nie beter wense self uitdink nie, so vergun my om joune te scan en aan jou terug te stuur!
4 maande 3 weke 6 dae 26 minute oud


Seenwense
God's reikste seen ook vir jou, my vriendin.

Vonnie
4 maande 3 weke 6 dae 2 ure 39 minute oud


My innige wens
Ai MA dankie vir die pragtige wense vir elkeen van ons en ook vir jouself. Ek sien jou in my geestesoog voor die rekenaar sit en skryf net mooi dit waarin jy glo en 'n groot Amen en dankie daarop. Mag jou jaar die begin van die mooiste toekoms wees. Mooi verwoord.
4 maande 3 weke 6 dae 2 ure 59 minute oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar