Weergawe: 1
Aantal woorde: 203
Kere gelees: 33
Datum gepubliseer: 28 Apr 2010
My skouers rou geskaaf deur die grof geweefde stof.
My hart voel seer....... soos die skouers.
Bloed vlek die nate daar, al purperrooi.
Mense oe! En ah! Oor die pragtige kleure.
Want almal sien die oё en smiles, agter skanse.
Die muurtjies om my hart, help die pyn verberg.
Mooi en goedbedoeldewoorde dryf my na die pers.
“Dit gaan nog jare neem” sê hulle vir my,
En die groen oor hulle lewende vreugde-kinders draai my vas!
Blou is my elke dag, want ek huil alleen...... sag,
Oor my mooi, my pragtige dogter-nooi.
Rooi, oranje, geel voel die brand in my flenter gemoed,
Wanneer ek wonder- het sy na haar ma geroep?
Of het sy van die begin af haar Here en sy engele daar gesien?
Ek is kwaad vir niks, niemand en almal, want my kind....
Is DOOD!!!
Ek soek die swart en donkerbruin
Van bitterheid en gal.
Die waarheid swiep en klief deur my
In helder wit en in kristal.
Hy was my skoon en klee my in witter as wol
Hy plaas op my hoof ʼn skitter-pêrelkroon.
En ek sien my kind, my pragtige dogter-nooi
Wat in eerbied en liefde, kniel voor Sy troon.
Lees ander gedigte deur Annalie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
(2013-05-24 18:00:00 - 2013-05-25 18:59:59 )
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

deur Christo Nel
'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.