Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek -
Verlang na die nuwe son
Wat vroeg by my venster in loer,
geluide - grysblou duiwe wat
in die bloekomboom koer.

Ek ruik
die geur van plaas koffie
Gebrou en laat trek -
Die reuk wat mens herinner,
tyd vir opstaan – daar’s werk.

Ek sien -
Die blink more-dou op die gras.
Honnevoete met snoete sopnat.

en voel -
Modderspore teen skoon klere,
Lawwe, uitbundig die vreugde
liefde warm en neusies so koel.
Getrou op hul pos dierbare deugde.

Ek hoor -
Perdkinners se roep aanhoudend sag
Bring kossies kom voer!
dis net vir jou wat ons wag !
Die ongeduld en raas
na buite, wil baljaar my baas.

Ek bid en vra -
’n Nuwe dag met nuwe krag
Al's vol lewe en speels opgewonde .
Alles is reg met my wereld -
sien uit na die dag en verwag,
Nee - hoop dis vry -
van daagliks kommer en sorge.

Ek weet
Dat Hy my gebede verhoor.
Dis Hy wat dit dan so beskoor -
dat na omswerwe van baie -
ek uitkom by my geliefde ou kaja.

LL



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hallo vreemdeling
Lanklaas gehoor! Jy moet my 'n "mailtjie" stuur.

Ek is baie gek oor hierdie gedig van jou! Terwyl ek lees, sien ons plaas, en die werf vroeg-more. Al die geluide, reuke, en in die winter, die wasem-stoom wat deur die perde en beeste se neus-vleuels blaas.
Mensig, jy maak nie reg met hierdie plaaskind nie.
Antjie
12 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


Hey Meisie
Jy het my absoluut meegevoer ... na plekke wat ek nie eers ken nie. WONDERLIK! Jy mag maar skryf. WOW!
12 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 3 ure oud


Jou Kaja
Jou beskrywing is PRAGTIG! Hier in die stad waar ons wakker word met allerhande alarms en geraas - verlang ek ook na jou kaja...
Liefdetjies
13 jaar 3 weke oud


Lana mens, dis pragtig! Jou kaja klink na 'n wonderlike plek om te wees en mens kan jou verlange verstaan en behoorlik saam stap en alles aanskou, ruik en ervaar. Mooi gedoen.
13 jaar 3 weke 8 ure oud


Kajaverklange
Lana, hierdie reken ek as een van jou mooiste gedigte nog. Jy bly maar lief vir jou perdekinders. Ek kan die nat, koel gras ruik en voel.
13 jaar 3 weke 20 ure oud


My kaja
Lana, ek lees die mooi gedig en kan eintik die vulletjies se sagte runnik hoor en voel die honne se nat snoete en ek verlang ook sommer na jou kaja. Ek is sommer vannaand baie emosioneel en verlang sommer saam jou. Dis 'n pragtige stukkie skryfwerk. Kyk mooi na jouself vriendin!
13 jaar 3 weke 20 ure oud


Joe, jy weet hoe om te skryf!! Ek het jou gedig baie,baie geniet.
13 jaar 3 weke 21 ure oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar