Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My Kaja – Verlang No 2

My Siel
Weet by jou sal ek kan rus
- hier aan jou boesem knus
Wag vir middag hitte om te blus,
- en tot aand se stilte my sag sus.

Ek droom
Van jou rustig atmosfeer
- die plaas se baberdam
As ons braai en lag en speel.
Tot ons moeg en tam
Op jou groen gras rus alweer...

Ons weet
Jy is ons hart se klop
Die middelpunt van hierdie trop
Almal hunker net na jou
Ons almal se paaie lei
- hoeka terug na waar ons bly.

Maar
Elkeen van ons die weet
Die plek se water kan nie hou
Ander paaie sal ons op gaan -
Elkeen ander lewens bou
Nuwe rigitings, nuwe sweet –
Voortgaan waarheen – wie sal weet.

In ons harte
In ons siel
Lewens vol
Lag en smarte.
Menige herrindering
Plaas jy was altyd -
Onsse toevlug onsse herberg
Van ’n malle buitewereld.
Onsse eie stukkie paradys



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Onse Kaaia
Alle paaie keer terug na my ma se huis, toe ek bel uit Richardsbaai en vra kan ek maar huis toe kom na die baber dam en boontjie ranke, was die antwoord dadelik, "Ek sit die ketel aan, vir koffie!" 'n Lekker oordentlike koppie koffie, maak alles beter.
12 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 9 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar