Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die verte hoor ek die klokke
hulle beier en eggo hul klanke
vir elke oor om te hoor
elke hart om saam te neurie
Jesus was in Betlehem gebore
Die tyding van ons Christusfees

Uit die Ooste kom die son op
Uit die Suide waai ons Suidewind
Ons juig oor ons Jesus
Ons sing van Sy grootheid
Hulde en ere kom Hom toe
Jesus, ons beminde Koningskind

Juig, O volke!
Buig voor Hom, nasies!
Bid sonder ophou!
Vertel van Sy liefde
Sy ope arms op Golgota
Dit was Sy bloed en genade.

So lui nou weer die klokke
Sing uit volle bors saam
staan op aandag
sien hoe Hy voor jou vooruitgaan
Roep tog sy Naam aan
Loof Hom met 'n palmtak in die hand!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kerslied
Mooi woorde !
3 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud


palm
Pragtige Kersgedig, Moekie :-)
3 jaar 8 maande 4 weke 2 ure oud


naam
Dit is n pragtige werk Moekie
3 jaar 8 maande 4 weke 14 ure oud


Roep tog sy Naam aan
Baie goed verwoord.

Ek persoonlik vier nie kersfees nie, kyk na my bydrae; "Beurt klanke in Kerstyd."
3 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar