Titel: my kind
Weergawe: 1
Aantal woorde: 261
Kere gelees: 520
Datum gepubliseer: 21 Oct 2008
My kind. Ek het jou lief en ek het alles my lewe probeer maar het soms misluk
Ek het jou probeer grootmaak soos pa wou maar ek kon jou nie gee wat ek nie gehad het nie. Ek het jou eers nie geken nie maar het jou leer ken. Ek hoop dit is darm reg as ek jou elke nou en dan n drukkie gegee het. Ek was bly om te sien jy het goed op skool gedoen en my tros gemaak op jou punte. Jy was n ster op die sportveld en al was ek nie altyd daar nie is pa nog baie trots op jou. jou eerste kar was te mooi en al het jy probleme gehad was pappie daar om reg te maak. Altyd toe ek kon. Jy weet seker dat jou afskeid jy die mooiste tussen almal was en dat ek bekommerd was omdat jy laat aan gekom het. Ek was bly met jou eerste werk en het geweet jy gaan jou pa se spore volg. Jou verlowing en troudag was albei baie groot. Ja dit het `n ou man se hart baie sag gehad. Jou kind so oulik, en ek nou `n oupa. Al jou ou speelgoed en dinge gehou vir die dag. Sjoe dit voel soos gister toe jy in my arms was. Nou hou jy self een vas. My kind ek het jou baie lief en totsiens. Want vandag soos ek stadig in grond weg sak wens ek jou die beste toe en dat die lewe jou met die beste van respek moet behandel.
Lees ander gedigte deur Aapman
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur L.T.
'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.