Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kom ek vertel vir jou 'n storie
Alles in een gedig
Die storie van drie-em, sonder om een detail te mis

Na 2-jaar se vriendskap
het ons uiteindelik ontmoe
Ek't jou handgeskud,
"Hi, ek's McCayla." Het ek jou gegroet

Die oorspronklike plan
was koffie en geselskap,
toe drink ons eerder sprite
en verbeter ons vreemde - vreemde vriendskap.

Jy't 'n dag later
weer by my kom stop
toe het jy sommer effek
op my onbeheerbare hartklop

Ons het daagliks gesels
oor absoluut alles wat gebeur
ons het soveel lesse
by mekaar geleer.

Toe kom kuier jy op die plaas
en ons het ons eerste soen
al moes ek jou na dit wys
hoe mens dit saggies moet doen.

Ons het saam my familie gekuier
saam gelag en gesels
Ek het voor jou op die trappe gaan sit
en jy het my beskermend omhels.

Ons het by my oupa gaan 'kuier'
Ek het jou Pretoria stad gaan wys
Maar die dieretuin saam jou
kan ek nie eers beskryf.

Jy't weer kom kuier op my verjaarsdag
alles reg gedoen
jy het my sélfs middernag
'Geluk' gesoen

Jy't vir my blomme gekoop
Oranje en Pienk gerberras,
ek het nog in jou arms gelê
toe die aflewering daarvan my verras

Jy't saam my
in die kombersfort gelê
Ek was so seker
dat jy alles was wat ek wou hê.

Jy't geduldig gesit en geluister
na elkeen van my gedigte
en sag geglimlag
met die ontmoeting van vreemde gesigte

Jy't my na jou huis genooi
vir 'n 5-dag langnaweek
met 10 minute by 'n dam
wat ek nooit sal vergeet

Jy't my veiling toe gevat
en op my hande laat sit
net sodat ek nie perongeluk
'n stoetbul moet koop

Ek het jou oumas ontmoet
en Charles en Natasha ook
Ek het selfs later
vir Nicolene 2l roomys gekoop

Tydens die ekstrale
het ek jou ouma gehelp, ons het gesels,
oor jou tannies, haar matriekafskeid.
Sy het my alles vertel.

Ons was plaas toe
en het perdekop sien brand
My lewe was vreesloos
met jou aan my kant

Vir Jolene se verjaarsdag
was ons weereens plaas toe
Maar iets was anders
ek kon sien hoe jy voel

Jou mond het gesê jy't my lief,
maar jou hart 'n ander ding.
Jy moes teen jouself baklei
in desperate oortuiging.

Jou hart het gewen
in Standerton al,
'n drie-uur rit
met my hoop wat val

"Ek't 'n vraag,"
het ek nou en dan gesê
dan gee jy my die antwoord
wat ek werklik nie wou hê.

Die heel pad lank
het ek bly wag vir jou besluit
gaan ons nog 'n rukkie aanhou
of is ons nou finaal uit.

Al die pad van Standerton
tot in Pretoria
nie 'n ongetelde sekonde
wat ek die marteling moes verdra

"Het jy jou besluit gemaak?"
het ek saggies gevra
trane het oor jou wang gerol
Jy't net gesê; "Ja."

Jy't my huistoe gevat
ons het mekaar getroos
My siel was stukkend
my hart was broos.

Jy't my vasgehou
My hart het geskree; "Bly myne."
Jy't my nog een maal gesoen, met trane oor jou wang,
Die einde...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

stephan
regtig ?
regtig ?
regtig ?
is dit die laaste een vir hom... want hy verdien nie jou woorde uit jou pen nie ! jy is iets besonders en jy verdien iets besonders .
8 jaar 4 dae oud



Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar