Ek het in 1990 uit die SA Leër bedank weens heftige stresreaksies oor onverwerkte gevoelens oor die oorlog. Die sielkundige het aan-beveel dat ek vir my ʼn hond moet kry om mee te gesels. Ek het! Sy naam was Nimitz von Grehenheim, ʼn Duitse Herdershond - een van die beste vriende wat ek ooit gehad het. Hy het my weer iets gegee om voor voort te kon gaan. Hy was die beste troep wat ek ooit gehad het.
Onlosmaaklik deel van my - dit was jy
Toe ek jou
Die eerste keer aanskou
Jy het my wang huiwerig gelek
Toe troos gevind hier teen my nek
Na my met jou bruin oë gestaar
En my vir wat ek was aanvaar
Vir ʼn dekade - jy - my vennoot
Anders as mense, my nooit verstoot
Met jou nat tong teen my wang
My hartseer trane opgevang
My makker – genoot!
My makker – vennoot!
Vir tien jaar
Altyd daar
Toe jy van my wegbeur
Het jy my geleer
Die noodsaak van die seer
Dat ek jou liefde nie verbeur
Al is jy weg
Jaar na jaar
Wyl jou oë in myne staar
Besef ek jy was reg
ʼn Myl om saam te loop.
ʼn Myl om afskeid te neem
Die lewensverloop
Van pyn vervreem – ineen
Lees ander gedigte deur Dawid Lotter
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Zymrly
Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe