Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Soms wanneer ek hartseer of kwaad is en ek hou jou vas,
kalmeer dit my gemoed en dit bring weer die mooi uit my uit.
Wanneer ek partykeer kwaad stoot ek jou weg,
maar jy bly nogsteeds my enigste hondjie-kind.
Ek het jou so baie lief al die woorde wat ek skryf is nie eers genoeg om dit te verduidelik,
my hartjie bly vir altyd aan jou vasgebind.

Jou sagte hare en oulike gyte vertroos my wanneer dinge te veel raak,
net om aan jou te vat my liefie-kind is vir my die beste terapie.
Jy verdien soveel meer aandag as wat jy kry,
en ek is jammer, ek weet dat jy dit glad nie verdien,
ek wil dit nie dit nie net erken wanneer ek skryf nie,
ek hoop dat jy dit ook so sal raaksien.

Ai, die lewe van ‘n mens is soveel meer bedrywig ,
maar ek weet dat dit nie as ‘n verskoning moet dien.
Ek is lief vir jou Abby, my liefste liefie-kind,
en ek sal jou nooit verniel, verraai of weggee,
jy’s die enigste hond vir my, saam bou ons ‘n egte bond,
my liefde vir jou is soos goud, al is jy soms heeltemal onvoorspelbaar stout.

©Kopiereg-Timothy De Vos Botha- Alle Regte Voorbehou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

my liefde vir jou
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Liefdes projek
5 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud


*
Die titel laat dink my aan Adam se liedjie Goud.

Paar foutjies;
partykeer kwaad is (ek sou is byvoeg)
ek wil dit nie dit nie (dit nie x2)

Ek was nogal verras toe ek sien dit gaan oor 'n hond. Ja, honde is 'n mens se beste vriende. Ek het vier. Hulle is nie net my vriende nie, maar ook my kinders. Ek is baie lief vir hulle.

Iemand het eendag vir my gesê, dis beter om 'n hond as 'n vriend te hé, hulle praat nooit uit nie.

Jou gedig is baie mooi Timmie, miskien kan jy net probeer om jou sinne bietjie te verkort. Net 'n voorstel.
5 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar